AfriForum se Pellissier-tak help om misdaad hok te slaan


Lede van die Pellissier-buurtwag in Bloemfontein het op Dinsdag, 28 November 2017 hulp verleen aan die SAPD om verdagtes te arresteer teen wie ’n saak reeds voorheen by die Bayswater-polisiestasie geopen is.
Die verdagtes is deur patrollielede van die Pellissier-buurtwag in Pellissierrylaan opgemerk, waarna die SAPD in kennis gestel is en die verdagtes spoedig gearresteer is.

“Deur goeie samewerking met ons plaaslike polisie hou ons Bloemfontein se woonbuurte veilig,” sê Joseph Renaud, AfriForum se streekskoördineerder vir die Oos- en Noord-Vrystaat.

 

Soortgelyke plasings