AfriForum se Pellissier-tak hou pretstap ter fondsinsameling


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Pellissier-tak het op 10 Junie 2017 ’n pretstap vir die gemeenskap aangebied om fondse vir hul parkieprojek in te samel.
Ongeveer 50 mense het die koue aangedurf om ’n afstand van drie of  ses kilometer te voltooi. Die tak gaan die ingesamelde fondse aanwend om die parkie in Janfiskaalstraat op te knap en weer toeganklik en veilig vir gesinne te maak.

“Ons gaan in die toekoms beslis soortgelyke projekte van stapel stuur om die gemeenskap te betrek en die parkieprojek op dreef te hou,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.
“Ons wil verseker dat ons gemeenskap in alle opsigte vry, veilig en voorspoedig is,” sê Ankia Richter, voorsittter van AfriForum se Pellissier-tak.

AfriForum versoek inwoners van Pellissier om dié buurt se AfriForum-tak te ondersteun. SMS jou naam na 45266 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings