|

AfriForum se Phalaborwa-tak maak bos skoon

AfriForum se Phalaborwa-tak het op 17 Januarie die bos in Tulbachstraat skoongemaak en beveilig vir inwoners wat daar naby woon en verby dié area stap.

AfriForum het talle klagtes uit die gemeenskap ontvang oor die toestand waarin die bos is en dat inwoners oor die algemeen onveilig voel wanneer daar verby moet stap. Die tak het dadelik aan die werk gespring om die area netjies te kry.

“AfriForum is reeds besig om ’n verskil te maak in die dorp, elke persoon het die reg tot ’n veilige omgewing en ’n veilige werksomgewing die munisipaliteit ontneem die gemeenskap van hierdie reg,” sê Dina Smit, die AfriForum-tak se sekretaresse. “Ons het die verantwoordelikheid in ons hande geneem om die waardigheid van die dorp te herstel en elke lid van die gemeenskap weer trots te maak om hier te woon en werk.”

Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo moedig lede van die gemeenskap by om aktief betrokke te raak by aksies soos hierdie om saam met die organisasie te bou aan ’n veilige toekoms.

Raak betrokke by AfriForum in Phalaborwa: SMS “Jou naam” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings