AfriForum se Phalaborwa-tak oorhandig wenslys aan burgemeester

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Phalaborwa-tak het onlangs in samewerking met die plaaslike belastingbetalersvereniging ’n wenslys aan Pule Shayi, burgemeester van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit, oorhandig.
Dít volg nadat die tak verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer het wat tot op hede nog nie deur die munisipaliteit in sy geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) aangespreek is nie.
Probleme wat op die wenslys geïdentifiseer is, sluit die volgende in:

  • Rioolprobleme in die dorp.
  • Swak waterdruk en lekkasies.
  • Probleme met elektrisiteitsvoorsiening.
  • Stukkende straatligte.
  • Slordige sypaadjies en parkies.

“Daar is besluit dat AfriForum en die munisipaliteit kwartaalliks sal vergader om probleme, vordering en projekte te bespreek,” sê Saartjie Matthysen, voorsitter van die AfriForum-tak in Phalaborwa.
“AfriForum wil gemeenskapslede aanmoedig om by die opstelproses van die munisipaliteit se GOP betrokke te raak.”
“Dit is goed om te weet dat die munisipaliteit wel met AfriForum wil saamwerk,” sê Giel van Niekerk, ondervoorsitter van die Phalaborwa-tak.

Soortgelyke plasings