AfriForum se Piet Retief-buurtwag ontvang koeëlvastebaadjies


AfriForum se Piet Retief-buurtwag het op 24 Oktober 2018 twaalf nuwe koeëlvastebaadjies ontvang. Die tak het hul behoefte aan dié baadjies ná ’n skerp toename in misdaadaktiwiteite in die omgewing geïdentifiseer.

“Die doel van AfriForum se Piet Retief-buurtwag is om die gemeenskap in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies in noodgevalle by te staan. Goeie veiligheidstoerusting is dus van onskatbare waarde. Die buurtwag sal voortaan verskeie aksies en patrollies in samewerking met ander kernrolspelers loods om misdaad in die dorp te bekamp,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Om by AfriForum se Piet Retief-buurtwag betrokke te raak, kontak gerus vir Bronwen Pretorius by 066 486 7609.

Soortgelyke plasings