|

AfriForum se Piet Retief-tak skenk spekbome aan Huis Immergroen

Die AfriForum-tak in Piet Retief het op 27 September 30 spekbome aan die inwoners van Huis Immergroen geskenk.

Hierdie aksie vorm deel van AfriForum se jaarlikse boomplantmaandprojek. Dié projek behels dat bome by spesifieke areas geplant word, maar die Piet Retief-tak het besluit om dit ’n stappie verder te neem en elke inwoner van dié tehuis te bederf met hul eie spekboom.

Elke inwoner se plantjie is in ’n pot geplant en aan hulle oorhandig. Dus kan die inwoners die plantjie self versorg en in hul woonstelle hou.

“’’n Spekboom is ’n plant wat maklik groei in enige omgewing, maklik is om te versorg én boonop goed is vir suurstof produksie,” sê Louis Malan, AfriForum se Piet Retief-takvoorsitter.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS “jou naam” na 45340(R1)

Soortgelyke plasings