| | |

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nog skole

AfriForum se Pietersburg-tak het op 23 Mei 2020 die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se skoolterrein, werkwinkel en koshuis met ongeveer 400 liter ontsmettingsmiddel ontsmet.

Dié tak het ook op 21 Mei 2020 Laerskool Pietersburg en Laerskool Pietersburg-Noord se terreine, klaskamers, badkamers en koshuise ontsmet.

Verskeie skole in Pietersburg en Potgietersrus is reeds ontsmet en die tak gaan voortgaan om nog skole te help om gereed te wees vir wanneer hulle moet heropen.

“’n Mens sien al hoe meer hoe gemeenskappe self begin om dinge in die gemeenskap te doen. Hierdie is ’n uitstekende manier om te bewys dat ons AfriForum-takke nie bang is vir selfdoen nie,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

“Dit is belangrik om skole te help om gereed te wees om te heropen. My kinders mis hul onderwysers en maats baie. Hoe gouer ons die skole dus kan ontsmet, hoe gouer is hulle gereed om te heropen,” sê Lylani Seitz, sekretaris van AfriForum se Pietersburg-tak.

Raak by AfriForum in Pietersburg betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings