| | |

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nóg twee skole

Die AfriForum-tak in Pietersburg het die geveg teen die verspreiding van COVID-19 voortgesit en nóg twee skole ontsmet. Die Laerskool Pietersburg (Suidskool) is op 14 Mei 2020 met ongeveer 200 liter ontsmettingsmiddel gespuit, terwyl die Laerskool Ivypark op 16 Mei 2020 ook met 200 liter ontsmet is.

Die tak gaan ook vandeesweek twee addisionele spuite aankoop om die ontsmettingsprojek te bespoedig. Die tak beoog om die projek voort te sit wanneer die skole weer heropen deur een keer per week areas soos die badkamers te ontsmet.

“Dankie aan al die skole wat ons om hulp nader. Die tak help graag om die veiligheid van leerders en personeel te verseker,” sê Marius Fourie, voorsitter van AfriForum se Pietersburg-tak.

“Ons wil elke persoon bedank wat tot dusver aangebied het om te kom help. Julle maak dit vir ons moontlik om COVID-19 te help bestry,” sê Lylani Seitz, sekretaris van AfriForum se Pietersburg-tak.

Raak betrokke by AfriForum se Pietersburg-tak en word deel van die oplossing: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings