|

AfriForum se Port Elizabeth-tak plant bome by laerskole

AfriForum se Port Elizabeth-tak het op 30 September 2021 bome aan Laerskool Verkenner en Laerskool Kabega geskenk en aan die plantseremonie wat op die onderskeie skoolterreine plaasgevind het, deelgeneem. Elke skool het vyf wildepruime (Harpephyllum caffrum) geplant wat inheemse, immergroen bome is.

“Die AfriForum-tak heg baie waarde aan ons omgewing en het ’n verantwoordelikheid om ’n beter woonplek vir ons kinders na te laat. Ons wil met projekte soos dié ’n bewustheid en kultuur van bewaar en verbeter, onder veral ons kinders, vestig,” sê Dirk Burger, voorsitter van AfriForum se Port Elizabeth-tak.

“AfriForum en al sy takke werk hard om ’n wesentlike verskil in dorpe te maak. Ons wil al ons takke bedank wat ingespring het om bome tydens Boomplantmaand te plant,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Raak vandag nog deel van AfriForum se Port Elizabeth-tak: SMS “Port Elizabeth” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings