|

AfriForum se Potchefstroom-tak vul slaggate

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het sedert Januarie tot nou ’n aantal slaggate in twee belangrike paaie in die dorp gevul.

In onderskeidelik Strydomstraat en Chief Albert Luthuli-rylaan is 81 m² se slaggate met 245 sakkies teer gevul. Hierdie paaie dra hoë volumes verkeer en nou dat die slaggate gevul is, vloei die verkeer weer.

“Die toestand van die paaie in Potchefstroom is werklik kommerwekkend. As elke inwoner nie sy gedeelte van die straat self onderhou nie, gaan ons binnekort nie meer strate oor hê nie. Dit is dus baie belangrik om by ’n organisasie soos AfriForum betrokke te raak, want saam kan ons meer bereik,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Dit is baie duur om slaggate te vul en die tak het ’n beperkte begroting daarvoor.

Die tak sal egter ’n nóg groter verskil kan maak met finansiële bydraes vanuit die gemeenskap.

Jy kan AfriForum help om slaggate in Potchefstroom te vul deur ’n inbetaling te maak by:

Rekeningnaam: AfriForum NPC

Rekeningnommer: 623 4989 8398

Taknaam: FNB Centurion

Takkode: 261-550

Verwysing: Potch Teer

Alternatiewelik, kontak vir Douglas Bourn by 083 232 1020.

“Die munisipaliteit is veronderstel om die paaie te onderhou, maar as ons dit nie self doen nie dan gaan ons voertuie en bande erge skade opdoen,” sê Pretorius.

Raak by Potchefstroom se AfriForum-tak betrokke en help om jou omgewing beter te maak. Kontak vir Leanie van Ronge by 066 423 9239 om aan te sluit.

Soortgelyke plasings