| | |

AfriForum se Prieska-tak skenk hulppakket aan Hoërskool Prieska

Die AfriForum-tak in Prieska het ’n COVID-19-hulppakket aan Hoërskool Prieska verskaf as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Dié skolehulppakkette bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500.

Renier de Beer, omgewingsakevoorsitter van AfriForum se Prieska-tak, het namens die skool aansoek gedoen om ’n pakket te ontvang sodat leerders veilig en volgens die COVID-19-regulasies kan skoolgaan. Lee-Ann van Rensburg, Lorika Zeeli en Rozanne Etsebeth, onderwysers van Hoërskool Prieska, het die pakket namens die skool ontvang.

“AfriForum het baie versoeke van skole ontvang omdat hulle onvoldoende hulp van die Departement van Onderwys ontvang het. Ons hoop hierdie pakket verskaf gemoedsrus aan die gemeenskap om hul kinders terug skool toe te stuur sodat die 2020 akademiese jaar hervat kan word,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Raak vandag nog by AfriForum se Prieska-tak betrokke en maak ’n verskil in jou gemeenskap: SMS jou naam na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings