|

AfriForum se Prieska-tak verkies nuwe bestuur

Die burgerregteorganisasie AfriForum se tak in Prieska het op 15 Februarie 2022 gereorganiseer en ’n nuwe takbestuur aangewys.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Johan Hennig (voorsitter), Renier de Beer (ondervoorsitter en omgewingsake), Lizette van der Merwe (tesourier), Mariaan Hennig (sekretaris en jeug) en Coenie Muller (plaaslikeregeringsake).

“Ons is trots om deel van AfriForum te wees en besef watter groot verantwoordelikheid op ons skouers rus om by te dra om die dorp vir almal te verbeter. Saam gaan ons ’n groot verskil in die gemeenskap maak,” sê Hennig.

“Ek sien daarna uit om saam met die bestuur te werk sodat ons ’n verskil in die gemeenskap kan maak,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Soortgelyke plasings