AfriForum se Primrose-tak maak parkie skoon

 

AfriForum se Primrose-tak het op 11 November 2017 in samewerking met die SAPD se Youth Desk-afdeling, Primrose Residents Against Crime (PRAC) en lede van die gemeenskap ’n skoonmaakaksie in die parkie op die hoek van Beaconsfieldlaan en Shamrockweg in Primrose van stapel gestuur. Dié parkie was met rommel bemors en het ’n gereelde woonplek vir sluipslapers geword.
Tydens die aksie is daar inligtingsessies oor onder meer die belangrikheid van ontspanning aangebied, sluipslapers deur die SAPD verwyder en meer as 30 sakke rommel opgetel.
Piet de Wit, die voorsitter van AfriForum se Primrose-tak, sê dit is verblydend om te sien dat lede van die gemeenskap en organisasies kragte kan saamsnoer om ’n verskil in dié dorp te maak.

Soortgelyke plasings