|

AfriForum se Randfontein-tak snoei bome om kragonderbrekings te voorkom

Die AfriForum-tak in Randfontein het op 11 September 2021 in samewerking met die Wes-Rand Plaaslike Munisipaliteit bome by die Loumarina- en Bootha-kleinhoewes gesnoei. Tydens die reënseisoen druk die natgereënde boomtakke op die kragkabels wat dan kortsluitings veroorsaak. 

Die munisipaliteit het vyf hidrouliese hyskrane beskikbaar gestel vir dié projek en ’n hele paar vrywilligers het hand bygesit met kettingsae. Die tak beplan ook om hierdie projek na Wheatlands uit te brei.

Matium van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak, wil almal bedank wat gehelp het om van dié projek ’n sukses te maak. “Daar is nog baie werk in Randfontein en ek wil ’n beroep op die gemeenskap doen om betrokke te raak by hierdie selfdoenprojekte.”

Volgens Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, is dit belangrik dat AfriForum saam met munisipaliteite werk om dienslewering te verbeter. Goeie verhoudings met munisipaliteite kan net tot voordeel wees van gemeenskappe.

Soortgelyke plasings