AfriForum se Rayton-Heuwelsig-buurtwagte trek verdagte saam vas


Noordstad Sekuriteit het AfriForum se Rayton-Heuwelsig-tak op 21 Oktober 2018 gekontak om ’n verdagte te help aankeer. Foto’s van die verdagte se voertuig en beeldmateriaal van die misdrywe is aan buurtwaglede gestuur en die voertuig is ook aan misdaad gekoppel wat deur ’n Whatsapp-groep in Bloemfontein gerapporteer is.

Vier verdagtes was op 18 Oktober 2018 by selfoondiefstal in Noordstad se winkelsentrum betrokke en het met dieselfde voertuig – ’n huurmotor – gevlug. Dieselfde verdagtes is later in Petrusburg vir afstandbeheerde belemmering en diefstal van ’n buitelander se beursie geïdentifiseer.
Die voertuig is gereeld op ’n roete tussen Willows en Heidedal opgemerk en is uiteindelik in Hamilton onderskep. Net een van die vier verdagtes was egter in die voertuig en hy is aan die Baywater-SAPD oorhandig. Dié verdagte is positief geïdentifiseer en is in aanhouding totdat hy in die hof verskyn.

“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid te aanvaar, aangesien die staat ons gedurig in die steek laat. Ons is trots op die buurtwagte se inisiatief om die verdagte suksesvol vas te trek,” sê Joseph Renaud, distrikskoördineerder vir Rosestad. “Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke, of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Renaud af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “buurtwag” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings