AfriForum se Reitz-tak betrek skole by boomplantmaand


Reitz se Christenskool, Hoërskool en Laerskool is elk ‘n paar bome ryker na hul dorp se AfriForum-tak dit as deel van dié burgerregte-organisasie se boomplantmaand geplant het.

Volgens Michelle Peens, AfriForum se Streekskoordineërder vir die Oos-Vrystaat, beoog die organisasie om vanjaar landwyd meer as 2 000 bome te plant. “Ons wil graag skole besoek om aan leerders te verduidelik wat die belang van bome in ons omgewing is. Bome is uit die aard van die saak ’n belangrike deel van die ekostelsel en ’n noodsaaklike natuurlike hulpbron, maar ook deel van ons erfenis,” sê Peens.

AfriForum fokus jaarliks op sowel ’n algemene as ’n skaars boomspesie. Die algemene boom vir 2018 is die opregte geelhout (Podocarpus latifolius), terwyl die skaars boom die grootwitgat (Boscia albitrunca) is. AfriForum moedig sy takke aan om inheemse bome te plant wat maklik in hul natuurlike omgewings aard.

“Boomplantmaand bied die perfekte geleentheid om ’n ewigdurende verskil in ons gemeenskappe te maak. Bome het wel deurlopende sorg nodig om tot voordeel van almal te floreer en die AfriForum-tak in Ellisras onderneem om hierdie sorg self te verskaf. Dit is simbolies daarvan dat ons as AfriForum hier is om te bly en opregte hoop vir die toekoms het,” meen Peens.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die veldtog betrokke te raak en deel te word van ’n welvarende en groener toekoms.
Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Reitz” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings