|

AfriForum se Robertson-tak kies nuwe bestuur

Die AfriForum-tak in Robertson het op Woensdag 2 Maart tydens ’n gemeenskapsvergadering ’n nuwe bestuur aangewys.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Juan Oberholster (voorsitter), Elmar Nel (ondervoorsitter en veiligheid), Ansie Heidmann (sekretaris), Mark Heidmann (tesourier), Desmond Korb (omgewingsake), Pat Santangelo (jeug), Jakkie Burger (plaaslikeregeringsake) en Jacques Cilliers (projekte en werwing).

Tydens dié vergadering het David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap en Suid-Kaap, die organisasie se model voorgehou. Hy het ook uitgebrei oor AfriForum se veiligheidsplan en -strukture, asook die voordele daaraan verbonde om hierdie twee aspekte in plek te hê. Dit sluit geakkrediteerde opleiding, toerusting, ’n nasionale netwerk en waardevolle ervaring in.

Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees en is gereed om hul take aan te pak. “Ons sien uit daarna om talle selfdoen-projekte van stapel te stuur en om sodoende die gemeenskap te dien sowel as om hulle meer weerbaar te maak,” sê Juan Oberholster, voorsitter van die Robertson-tak.

Om betrokke te raak by AfriForum se Robertson-tak SMS “Robertson” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings