AfriForum se Rondeberg-buurtwag ontvang noodhulpopleiding


Lede van AfriForum se Rondeberg-buurtwag en gemeenskapslede het op 3 April 2019 basiese noodhulpopleiding ontvang. Dié lede kan nou tydens noodsituasies basiese mediese hulp verleen terwyl hulle ook bloeding kan stop en kardiopulmonale resussitasie (KPR) kan toepas.

Thomas van Dalen, AfriForum se veiligheidsopleidingsbestuurder, het dié opleiding aangebied.

“Ons wil die buurtwaglede in ’n latere stadium vir verdere mediese opleiding stuur sodat hulle verskeie mediese noodgevalle kan hanteer totdat paramedici op die toneel opdaag,” sê Kim Poulton, voorsitter van AfriForum se Malmesbury-tak.
“Die Rondeberg-buurtwag reageer op ’n wye verskeidenheid situasies en mediese hulp is nie altyd onmiddellik beskikbaar nie. Dit is vir ons belangrik dat die buurtwag oor die nodige mediese kennis beskik om die gemeenskap ook in hierdie verband by te staan – veral omdat die buurtwag ’n ent uit die stad is en soms lank vir nooddienste wag,” sê Poulton verder.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings