| | |

AfriForum se Rondeberg-buurtwag ontvang opleiding

AfriForum het op 7 Augustus vanjaar opleiding onder leiding van David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Suidstreek, vir dié burgerregteorganisasie se Rondeberg-buurtwag aangebied. Dié buurtwag vorm deel van die Malmesbury-takstruktuur, en ongeveer 40 lede van die gemeenskap het dit bygewoon. Modules wat behandel is, sluit misdaadtoneelhantering en die bewaring van bewysstukke in, asook radiospraakprosedures.

“Opleiding rus AfriForum se buurtwagstrukture met die nodige kennis toe en stel buurtwaglede en die gemeenskap tydens buurtwagaktiwiteite gerus,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland. “Dit is bemoedigend om die betrokkenheid van gemeenskapslede te sien, asook hoe elkeen bereid is om die veiligheid van hul eie gemeenskap te prioritiseer.”

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings