AfriForum se Rondeberg-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding


AfriForum se Rondeberg-buurtwag, wat deel vorm van die burgerregte-organisasie se Malmesbury-takstruktuur, is op 29 Januarie 2019 opgelei oor die regsaspekte wat op veiligheidspatrollies van toepassing is. Thomas van Dalen, AfriForum se opleidingsbestuurder by gemeenskapsveiligheid, het dit aangebied. Ongeveer 60 gemeenskapslede het van so ver as Moorreesburg en Porterville gery om die opleiding by te woon.

“Dit is belangrik dat buurt- en plaaswaglede kennis dra van wat hulle volgens wet mag en nie mag doen nie, sodat hulle altyd binne die raamwerk van die wet optree. Ons moedig gemeenskappe aan om proaktief te wees en by veiligheidstrukture soos AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak,” sê Kim Poulton, voorsitter van AfriForum se Malmesbury-tak.
Volgens Van Dalen fokus AfriForum tans sterk op veiligheid. “Dit is vir ons belangrik dat gemeenskappe opgelei word om hulle in staat te stel om hulself, met die bystand van AfriForum, te beveilig,” sê Van Dalen.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings