|

AfriForum se Roodepoort-buurtwag beveilig gemeenskap

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 17 Januarie 2020 hul eerste maandelikse misdaadvoorkoming- en massapatrollie vir 2020 gehou. Die patrollie is goed deur rolspelers en buurtwaglede bygewoon en vier soek-en-reddingspanne, vier SAPD-voertuie, drie mediese uitroepeenhede en ongeveer 20 sekuriteitsmaatskappye het onder meer aan die patrollie deelgeneem.

Die groep van 86 lede het in Fairlands byeengekom en die omliggende gemeenskap gepatrolleer. Geen ernstige voorvalle is tydens dié patrollie aangemeld nie.

“Dit is vir my goed dat ons daarin kon slaag om soveel samewerking en ondersteuning van organisasies buite AfriForum kon kry om saam te patrolleer. Die samewerking tussen die SAPD en ander sekuriteitsmaatskappye het ongekende hoogtes bereik,” sê Fanie Naudé, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak.

Sluit vandag nog by dié buurtwag aan: SMS “Roodepoort” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings