AfriForum se Roodepoort-buurtwag help verdagte vastrek


Fanie Naude, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak, het op 13 September om 20:30 ’n oproep oor ’n vermeende grondbetreder ontvang, waarna hy ’n buurtwaglid ontbied het om ondersoek in te stel.

Kort daarna het die buurtwaglid bevestig dat daar wel ’n betreder op die erf aangetref is en die buurtwag versoek om bystand te stuur. Vier AfriForum-patrolleerders, asook Apcan- en Dunmar-sekuriteit het by die buurtwaglid aangesluit. Ná die perseel gefynkam is, kon die span daarin slaag om die verdagte aan te keer en aan die SAPD te oorhandig.

“Hierdie is ’n baie goeie voorbeeld van ’n goed georganiseerde gemeenskap wat tesame met plaaslike sekuriteitsmaatskappye en die SAPD hard werk om misdaad te bekamp,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek.

SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou plaaslike buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings