AfriForum se Roodepoort-buurtwag hou sigbaarheidspatrollie


Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort, tesame met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), sekuriteitsmaatskappye, privaat buurtwagte en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), het op Vrydag 17 Augustus 2018 ’n sigbaarheidspatrollie in dié voorstad gehou. Altesaam 55 buurtwaglede het deelgeneem.

“AfriForum loods hierdie patrollies om sigbaarheid te verhoog en samewerking met ander veiligheidsinstellings te verbeter. Só help ons om die veiligheid van ons gemeenskappe te verbeter,” sê Fanie Naude, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Gemeenskappe kan misdaad in hul omgewings help bekamp deur by veiligheidstrukture soos AfriForum-buurtwagte betrokke te raak,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek.

SMS “Roodepoort” na 45341 om by jou buurtwag aan te sluit (R1).

Soortgelyke plasings