|

AfriForum se Roodepoort-tak en -buurtwag beveilig gemeenskap

AfriForum se Roodepoort-tak en -buurtwag het in Augustus aan verskeie veiligheidsaksies en klopjagte deelgeneem.

Op 16 Augustus 2019 het AfriForum se Roodepoort-buurtwag aan die maandelikse massasigbaarheidspatrollie deelgeneem. Dié patrollie is in samewerking met die volgende instansies uitgevoer: Die SAPD, SCP Security, APCAN Security Group, EC Security, Fairlands GPF, National Security & Fire, Delta Tactical Security, Beagle Watch Armed Response, ICE Community Police, Honeydew GPF, Vitalmed Emergency Response, Ecsa en Fidelity ADT.

“AfriForum se Roodepoort-tak en -buurtwag is trots om in samewerking met die SAPD, gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en ander veiligheidsmaatskappye die gemeenskap te beveilig. Met samehorigheid en ondersteuning tussen hierdie entiteite kan ons misdaad hokslaan,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

Tydens die patrollie is klopjagte en padblokkades in verskillende gebiede onder toesig van die SAPD gemobiliseer. ’n Aantal arrestasies is gemaak en onwettige vuurwapens en dwelms is ook gekonfiskeer.

Die Roodepoort-tak en -buurtwag het ook tydens ’n nagpatrollie op 26 Augustus 2019 voorbereide vergiftigingspakkies in Hamberg gevind en gekonfiskeer.

Ungerer voeg by dat sigbaarheidspatrollies soos hierdie slegs suksesvol kan wees indien die hele gemeenskap betrokke is. “Dit is ’n voorreg om te weet dit is wel die geval in Roodepoort.”

SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings