|

AfriForum se Roodepoort-tak plant 35 bome

AfriForum se Roodepoort-tak, die Florida-suid inwonersvereniging (FSRA), gemeenskapslede en die polisie het op 30 September hoop geskep deur 35 bome te plant as deel van Boomplantmaand.

Die span van sowat 30 vrywilligers het hul Saterdag afgestaan om hul gemeenskap op te hef en die omgewing te verfraai. Die 35 wilde olyfbome is op die Fleurhof-sportterrein, die CMR-gholfbaan en by die polisiestasie geplant. Die vrywilligers hoop dat hierdie bome nie net skadu in die toekoms sal bied nie, maar ook as ’n bymekaarkomplek vir die gemeenskap sal dien. 

“Mag hierdie bome ’n konstante herinnering wees van die waarde van gemeenskapsgees. Gemeenskapsbeveiliging gaan nie net oor veiligheid nie, maar ook om terug te gee aan die gemeenskap. Gemeenskap en gemeenskapskrag is baie belangrik vir AfriForum se Roodepoort-tak en sonder samewerking kan daar nie ’n verskil gemaak word nie,” sê Werner Britz, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak.

Stuur ’n e-pos na roodepoort@afriforumtak.co.za om by dié aktiewe AfriForum-tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings