| |

AfriForum se Rustenburg-tak eskaleer landelike kragprobleem na provinsiale regering

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 17 Januarie 2022 ’n kragprobleem in Rhenosterfontein, Pattatadraai en Waterkloof onder Lena Miga, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, se aandag gebring. Die tak het verlede jaar verskeie skrywes aan die munisipale bestuurder van die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit gerig oor dié kragprobleem, maar geen terugvoer of aksieplanne is van die munisipaliteit ontvang nie. 

Die kragprobleme volg nadat verskeie transformators in die landelike areas die afgelope twee maande beskadig is en nog nie vervang of herstel is nie. Dit veroorsaak dat talle kleinhoewes geen elektrisiteit het nie. Die eerste kragprobleme is reeds op 7 November 2021 aangemeld.

AfriForum sal die situasie moniteer en aanhou druk toepas sodat die kwessie so spoedig moontlik opgelos kan word. Indien die probleem nie opgelos word nie, sal die organisasie verdere regstappe oorweeg.

“Die meeste van die inwoners van die geaffekteerde areas woon op kleinhoewes en maak gebruik van boorgate. Die kragonderbrekings beïnvloed die mense se toegang tot skoon water, aangesien pompe nie werk tydens die onderbrekings nie. Verder veroorsaak die onderbrekings ook ’n groot veiligheidsrisiko deurdat elektriese heinings nie werk nie, terwyl elektriese toestelle ook beskadig word,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Word vandag nog deel van AfriForum en wees deel van die oplossing: SMS “Rustenburg” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings