|

AfriForum se Sasolburg-tak hou dorp netjies

Die AfriForum-tak in Sasolburg het pas hul vierde grassnyertrekker aangekoop om te help om Sasolburg en Vaalpark skoon en netjies te hou. Die tak hou ongeveer 13 ha netjies en dié reusetaak word deur 11 mense in hul vrye tyd gedoen.

Die volgende areas is sedert Januarie skoongemaak: in Vaalpark by die Lebombo/Pres. Swart-aansluiting, Nuwekloof, die substasie, Opperman- en Bloukransstraat en die afrit na die R59. In Sasolburg is daar by Mosega-, Magersfontein- en De Wildtstraat skoongemaak, ook by die kerk by Sandrivier-, Mosega- en Italenistraat, die middelman in J.G. Strydomweg, Totius- en Toon van den Heeverstraat, die area tussen die Wildkamp en Waterkant- en Da Gamastraat, asook by die dammetjie by Tuinedal. Bome is in Vaalpark in Koeberg- en Lethabostraat gesnoei.

“Dit is goed om te sien dat lede van die gemeenskap eienaarskap neem van dit wat vir hulle kosbaar is. Dit sal baie lekker wees as elke inwoner van Sasolburg en Vaalpark deel word van hierdie selfdoenpoging en dan sal Sasolburg weer die mooi dorp wees wat dit kan wees,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Kontak vir Johan Cooks by 083 230 9073 om deel van hierdie inisiatief te word.

 

Soortgelyke plasings