AfriForum se Schweizer-Reneke-tak help gesinne teen die komende koue


Die AfriForum-tak in Schweizer-Reneke het kos en klere ingesamel en komberse aangekoop om die komende winter vir ’n paar behoeftige gesinne in hul dorp ’n bietjie makliker te maak.

Die tak het die volgende items ingesamel en aan die plaaslike NG Welsyn-tak oorhandig: 13 bokse klere vir seuns en meisies van 4 tot 9 jaar, 3 bokse skoene vir seuns en meisies, 25 komberse (waarvan die Schweizer-Reneke-tak 10 geskenk het), 3 groot houers met niebederfbare voedsel en ekstra rys, meel en eiers.
Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, bedank die takbestuur vir hierdie inisiatief en ook elkeen wat ’n bydrae gemaak het.

“Ek het groot waardering vir die deernis wat die tak met hierdie gebaar aan die dag gelê het. Dit moet vreeslik wees om koud te kry en dan boonop nog honger ook te wees. Die Schweizer-Reneke-tak het werklik ’n verskil in verskeie mense se lewens gemaak,” sê Pretorius.

SMS “Schweizer” na 45351 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings