AfriForum se Secunda-tak oefen druk uit; munisipaliteit gee toe


Die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit het gister ’n rioollekkasie in Secunda herstel ná volgehoue druk deur die plaaslike AfriForum-tak.
Dít volg nadat Hennie Pretorius, voorsitter van die tak, deur lede van die publiek van dié lekkasie in P.D.P. Krugerweg ingelig is. Die probleem is na bewering al verskeie kere aan die munisipaliteit gerapporteer wat egter versuim om dit te herstel.
Pretorius het foto’s van die rioollekkasie geneem, waarna hy dit aan die stadsraad gestuur en geëis het dat die lekkasie binne ’n redelike tydperk herstel moet word. Hy het die stadsraad ook ingelig dat indien daar nie aan sy eis gehoor gegee word nie, hy die munisipale bestuurder sou kontak.

“Munisipale werkers het binne 15 minute opgedaag en die nodige herstelwerk gedoen,” sê Pretorius.
“AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap van Secunda om soortgelyke probleme aan die munisipaliteit te rapporteer deur 017 631 0150 te skakel en op ’n verwysingsnommer aan te dring. Indien daar nie binne ’n redelike tyd opgetree word nie, kan u die probleem na AfriForum se noodnommer by 084 598 3945 verwys,” voeg Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, by.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings