|

AfriForum se Secunda-tak vul slaggate

Die AfriForum-tak het op 9 Oktober 2021 as deel van hulle Ons Dorp-projek slaggate in Joe Slovostraat gevul.

Die Ons Dorp-projek is ’n landswye inisiatief waar AfriForum-takke aksies aanpak om aandag te gee aan probleme in hulle dorpe. Die Secunda-tak het tydens hierdie aksie 60 sakkies teer gebruik om die slaggate in Joe Slovostraat te vul.

“Joe Slovostraat is een van Secunda se hoofpaaie en ons kan nie dat die straat verder verval nie. Juis daarom het ons self ingespring en die slaggate gevul,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS “jou naam” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings