|

AfriForum se Sektor 3-tak gaan voort met skoonmaakprojek

AfriForum se Sektor 3-tak in Bloemfontein het op 15 Februarie 2020 voortgegaan om die middelman in Walter Sisulustraat, wat een van die hoofingangsroetes na Bloemfontein is, skoon te maak.

Dié tak en AfriForum Jeug-lede het dié skoonmaakprojek op 1 Februarie 2020 begin om die netheid van die hoofingang te verseker. Die lede gaan gereeld hier byeenkom om skoon te maak.

Volgens Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Rosestad, word hierdie aksies uitgevoer omdat die munisipaliteit hul pligte versuim. “AfriForum sal aanhou om met sulke aksies inisiatief te neem in gebiede waar die munisipaliteit hul plig versuim.”

Raak vandag nog by AfriForum se Bloemfontein-takstrukture betrokke en word deel van die verskil. SMS “Bloemfontein” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings