| | |

AfriForum se Senekal-tak skenk handreiniger aan die gemeenskap

Die AfriForum-tak in Senekal het op 16 en 17 April 2020 handreiniger aan die gemeenskap geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Dié tak het 150 botteltjies, wat altesaam 52,5 liter is, aan instansies geskenk.

Die handreiniger is aan Huis Westerson, die Senekal-kliniek en die plaaslike polisiestasie geskenk.

Die COVID-19-krisis het tehuise vir bejaardes en nooddienste onkant gevang en hulle was nie voorbereid op die toename in die gebruik van mediese voorraad nie. Die personeel en inwoners van die instansies wat handreiniger ontvang het, was baie dankbaar vir dié skenking.

“Dit is ’n voorreg dat ons die dorp se bejaardes en nooddienspersoneel, wat vir ons baie belangrik is, in hierdie tyd kan ondersteun. Ons het groot waardering vir sowel die nooddienspersoneel as die personeel wat na die bejaardes omsien – daarom het ons graag die skenking gemaak om ook hulle veiligheid te verseker. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en ondersteuning en hulp te bied waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

 

Soortgelyke plasings