| | |

AfriForum se Springbok-tak help gemeenskap tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se Springbok-tak het in die week van 18 Mei 2020 twee maande se vitamienaanvullers aan die Namakwaland-ouetehuis geskenk.

Dit volg nadat AfriForum in ander dele van die land sitrus- en ander vars produkte met ’n hoë vitamien C-waarde aan die inwoners van verskeie ouetehuise en aftreeoorde geskenk het om die inwoners se immuunstelsels ’n hupstoot te gee. Die vitamienaanvullers behoort voldoende te wees om die inwoners van die Namakwaland-ouetehuis vir twee maande te hou.

“Omdat bejaardes kwesbaar is vir die virus, is dit belangrik om te verseker dat hulle immuunstelsels sterk is. Vars vrugte is nie altyd geredelik in die Noord-Kaap beskikbaar nie en daarom het ons besluit om eerder vitamienaanvullers pleks van vars vrugte te skenk,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Die tak het ook kospakkies aan 46 behoeftige gesinne in die dorp geskenk.

Strauss wil die publiek aanmoedig om by projekte soos hierdie betrokke te raak om die gemeenskap te ondersteun aangesien die jarelange droogte die Noord-Kaap lamgelê het en die staat onvoldoende of geen hulp verleen nie.

Dra vandag nog tot dié tak se taknoodfonds by. Jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Springbok” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings