| |

AfriForum se Springs-buurtwag en GPF trek inbreker vas

’n Lid van AfriForum se Springs-buurtwag het op 24 Maart 2020 in samewerking met die GPF ’n verdagte aangekeer. Morné Greyling, die buurtwaglid, was by een van sy verskaffers in Selection Park toe hy om 08:00 genader en ingelig is dat ’n verdagte op die perseel wegkruip. Daar is vermoed dat die verdagte gesteelde goedere in sy besit gehad het.

Greyling en die plaaslike GPF het saam die perseel gefynkam, waarna die verdagte oor ’n muur gespring het om te vlug. Die verdagte het by die aangrensende perseel op die motorhuis se dak probeer wegkruip, waar hy uiteindelik aangekeer en aangehou is. Die SAPD is ontbied en het die verdagte in hegtenis geneem. Die gesteelde goedere is ook teruggevind.

“In gevalle soos hierdie is sukses deur die gemeenskap se betrokkenheid bereik. Dit kan in die lang termyn ’n groot verskil in ’n dorp se veiligheid maak. Word deel van die oplossing en help ons om ’n verskil in jóú gemeenskap te maak,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Soortgelyke plasings