|

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG HOU SIGBAARHEIDSPROJEK

Die AfriForum-buurtwag in Springs het op 15 Januarie in samewerking met die SAPD ’n sigbaarheidsprojek in die sentrale sakegebied van Springs uitgevoer. Dié gebied is ’n geruime tyd lank ’n seeroog vir die publiek weens die vullis en sluipslapers wat in die verlate geboue slaap.

AfriForum se Springs-buurtwag, lede van die gemeenskap en die SAPD het aan die projek deelgeneem. Verskeie juwele, handgemaakte wapens, rotgif en dwelms is gevind en een persoon is weens die besit van dwelms in hegtenis geneem.

“Die gebied lyk nog nie perfek nie, maar ons hoop dat sulke projekte die gemeenskap sal aanspoor om die veiligheid van die dorp proaktief te help verseker. AfriForum sal voortgaan om ander probleemgebiede in die dorp met soortgelyke selfdoenaksies aan te pak,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

“AfriForum se Springs-buurtwag wil tot ’n veiliger, skoner gemeenskap bydra. Ons doen daarom ’n beroep op inwoners om by ons plaaslike strukture betrokke te raak en te verseker dat ons meer suksesse bereik,” sluit Swart af.

Soortgelyke plasings