|

AfriForum se Springs-buurtwag ontvang opleiding

Die AfriForum-buurtwaglede in Springs het op Vrydag 5 November praktiese opleiding ontvang en ingeoefen.

Hierdie buurtwag ontvang al vir ’n geruime tyd opleiding in toneelhantering aanlyn ontvang het, het die takbestuur dit goedgedink om die opleiding prakties met AfriForum se patrollielede in te oefen.

Daar was onder meer scenarios geskep waarop die patrollielede moes reageer asof dit ’n werklike toneel was.

“Dit is van kardinale belang dat hierdie opleiding ingeoefen word om te verseker dat elke patrolleerder toegerus is met die nodige kennis om die beste besluite en bystand in alledaagse situasies te bied,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Sowat 14 individue het deelgeneem aan hierdie opleiding. Na afloop van die opleiding is daar nabetragting gedoen om sterkpunte en swakpunte uit te wys om aan te pas om sodoende beter te presteer.

Ungerer bedank elke vrywilliger wat hul vrye tyd opoffer om die gemeenskap by te staan en te verseker dat hulle gerat is om enigiemand in ’n noodsituasie by te staan. Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur na springs@afriforumtak.co.za

Soortgelyke plasings