AfriForum se Springs-tak bring nuwe huisnommers aan

 

AfriForum se Springs-tak het ’n langtermynprojek van stapel gestuur waartydens nuwe huisnommers by wonings in en om Springs aangebring word.
Volgens Marie Naude, AfriForum se assistentkoördineer vir Gauteng, is die doel van die projek om te verseker dat plaaslike reaksie-eenhede en veiligheidsinstansies huise maklik in tye van nood kan identifiseer.

“Dit word toenemend moeilik vir reaksie-eenhede om die regte huis te identifiseer, aangesien meeste huise nie meer huisnommers het nie. Dit mors onnodig tyd in noodgevalle, wat die uitkoms van ’n situasie drasties kan beïnvloed,” sê Cornel Swart, bestuurder van die plaaslikeregeringsakeportefeulje by AfriForum se Springs-tak.
“Klein dade kan op die ou end ’n groot verskil maak,” sê Richardt Lubbe, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Soortgelyke plasings