AfriForum se Springs-tak loods skoonmaakaksie


AfriForum se Springs-tak het op 24 Februarie 2018 die gebied oorkant die Mc Donald’s op die hoek van 9de Laan en Spring Weststraat in Selection Park skoongemaak. Dit volg nadat verskeie gemeenskapslede oor gestrooide rommel gekla het. Omdat die gras nie gesny word nie het taklede dié gebied ook as ’n potensiële wegkruipplek vir misdadigers geïdentifiseer.
’n Plaaslike kontrakteur is aangestel om die gras te sny, terwyl taklede die rommel opgetel het.

“Die netheid van ons dorp is vir die hele gemeenskap voordelig. AfriForum sal voortgaan om ander probleemgebiede in die dorp met soortgelyke selfdoenaksies te takel,” sê Cornél Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.
“AfriForum se Springs-tak wil tot ’n veiliger, skoner gemeenskap bydra. Ons doen daarom ’n beroep op inwoners om by ons plaaslike tak betrokke te raak om sodoende te verseker dat ons meer suksesse behaal,” sluit Swart af.

Soortgelyke plasings