AfriForum se Springs-tak maak dorp skoon

 

AfriForum se Springs-tak het vandag in samewerking met Laerskool Werda, Springs Tegnies, CMS (gemeenskapsmoniteringsdienste) en die Ekurhuleni Metropolisiediens ’n skoonmaakaksie in 12de-straat uitgevoer. Dit volg nadat pleidooie aan die Ekurhuleni Plaaslike Munisipaliteit vir die verwydering van onwettig gestorte vullis hier bloot op dowe ore geval het.
Tydens dié aksie is die leerders deur die organisasies ingelig oor die belangrikheid van veiligheid en misdaadbekamping. Sowat 140 mense het aan die aksie deelgeneem en meer as 200 sakke rommel is opgetel. AfriForum het ook die twee vullishouers (skips) geborg.
Richardt Lubbe, voorsitter van die Springs-tak, sê dit is verblydend om te sien dat lede van die gemeenskap bereid is om self in te spring en ’n verskil in hul dorp te maak.

Soortgelyke plasings