AfriForum se Springs-tak maak skoon


AfriForum se Springs-tak het op 16 Februarie 2019 ’n skoonmaakaksie oorkant die ou Spar-gebou op die hoek van Derde- en Vierdelaan in Springs gehou. Dit volg ná die gebied al vir ’n geruime tyd ’n onooglikheid vir die publiek is oor die vullis en lang gras in dié gebied.
Lede van die gemeenskap en AfriForum se Springs-takbestuur het die reën getrotseer om die gebied netjies te maak. ’n Plaaslike kontrakteur het die gras gesny, terwyl die taklede vullis in die omgewing opgetel het.

“Die gebied lyk nog nie perfek nie, maar ons hoop dat aksies soos hierdie die gemeenskap sal aanspoor om proaktief deel te hê aan die netheid van die dorp. AfriForum sal voortgaan om ander probleemgebiede in die dorp met soortgelyke selfdoenaksies aan te pak,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.
“AfriForum se Springs-tak wil tot ’n veiliger, skoner gemeenskap bydra. Ons doen daarom ’n beroep op inwoners om by ons plaaslike tak betrokke te raak om sodoende te verseker dat ons meer suksesse bereik,” sluit Swart af.

Soortgelyke plasings