|

AfriForum se Standerton-buurtwag help om veldbrande te blus

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het van 7 tot 10 Augustus gehelp om veldbrande in die gebied te bestry en te blus.

Tydens die afgelope langnaweek is daar twee keer om hulp gevra op noodgroepe van boere in die Standerton-omgewing. Gerhard Moll, buurtwagvoorsitter, het buurtwaglede van die noodroepe in kennis gestel, waarna hulle onmiddellik hulp aan die boere verleen het. Sterk winde het die bestryding van die veldbrande bemoeilik.

“Te danke aan die buurtwag en boere in die omgewing se hulp, kon ons die brande baie vinnig onder beheer kry en sodoende groot skade voorkom,” sê Moll.

“Ons is bly om te sien hoe die gemeenskap, boere en buurtwag saamspan om brande soos hierdie te bestry. Dit bewys weer eens wat ons kan regkry as almal saamwerk. Dit is vir AfriForum belangrik om gemeenskappe te ondersteun,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Help jóú gemeenskap en raak by AfriForum betrokke: SMS “Standerton” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings