|

AfriForum se Standerton-buurtwag help om verdagtes aan te keer

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 14 Februarie 2020 gehelp om twee verdagtes in twee voertuie aan te keer nadat die Charl Cilliers-plaaswag inligting ontvang het die CNA op die dorp beroof is.

Plaaswaglede het by sleutelpunte gestaan en die voertuie begin volg nadat dit opgemerk is. Die lede het ná ’n jaagtog een van die verdagtes in die township in Leandra aangekeer. Inligting oor die tweede verdagte is opgevolg en dié verdagte is ook in hegtenis geneem.

“Ons wil graag die lede van die Standerton- en Leandra-buurtwag bedank, asook Kasselman Sekuriteitsdienste, die Charl Cilliers-plaaswag, die SAPD, JTR en ander veiligheidsinstansies wat gehelp het om die verdagtes aan te keer. Goeie samewerking tussen rolspelers is uiters belangrik om veiligheid in dorpe en gemeenskappe te verseker,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Raak vandag nog by AfriForum se Standerton-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings