|

AfriForum se Standerton-buurtwag help om verdagtes te arresteer

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het op 27 Oktober 2021 gehelp om vyf verdagtes in hegtenis te neem nadat Kasselman-sekuriteitsdienste rolspelers in kennis gestel het dat verdagtes besig was om die ou vendusiekrale te beskadig om skroot te steel.

Die buurtwaglede het gereageer en het op toneel aangekom waar een verdagte reeds deur Kasselman-sekuriteitsdienste gearresteer is. Die lede het die perseel verder deursoek en nog vier verdagtes is in hegtenis geneem.

“Goeie samewerking tussen rolspelers is uiters belangrik veral om die polisie se hande te versterk in die stryd teen misdaad. Ons is verheug dat die buurtwag kon help om die verdagtes vas te trek,” sê André Piennaar, leier van AfriForum se Standerton-buurtwag.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Standerton” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings