AfriForum se Standerton-buurtwag ontvang veiligheidstoerusting


AfriForum se Standerton-tak het op 26 Julie 2017 veiligheidstoerusting ontvang. Dit volg nadat die plaaslike tak dié behoefte geïdentifiseer het weens ’n toename in misdaadaktiwiteite in die omgewing. Die toerusting sluit koeëlvaste baadjies en kommunikasietoerusting in.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Veiligheidstoerusting is van onskatbare waarde vir enige veiligheidstruktuur. Die Standerton-buurtwag kan hiermee daadwerklik bydra tot die bekamping van misdaad in dié gebied. Die buurtwag verwelkom ook samewerking met ander veiligheidstrukture op die dorp,” sê Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag.
“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by die plaaslike tak en die buurtwag. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter die verskil wat ons kan maak. Skakel ons plaaslike tak gerus by 071 209 2978 om by die buurtwag of tak aan te sluit,” sê Jaco Taljaard, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings