|

AfriForum se Standerton-buurtwag staan SAPD by

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het op 7 en 8 Februarie 2020 in samewerking met die SAPD aan ’n operasie in dié dorp deelgeneem. Altesaam 12 buurtwaglede, 21 polisielede, asook ’n helikopter was hierby betrokke. 18 arrestasies is uitgevoer vir onder meer onder die invloed van drank in die openbaar, dwelms en huishoudelike geweld.

“Die Standerton-buurtwag sal aanhou om saam met die SAPD te werk om misdaad hok te slaan en inwoners se veiligheid te verseker,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Raak vandag nog by AfriForum se Standerton-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings