|

AfriForum se Standerton-buurtwag trek veedief vas

AfriForum se Standerton-buurtwag en die plaaslike polisie se veediefstaleenheid het op 7 November 2019 ’n groot deurbraak in veediefstalsake gemaak nadat ’n verdagte in hegtenis geneem is.

Buurtwaglede het tydens ’n patrollie onraad by die plase Holmdene en Vlakfontein vermoed toe hulle ’n geknipte draadheining sien wat net weer vasgemaak is. Die buurtwag het vermoed dat beeste moontlik gesteel is en het die vars beesmis dadelik begin volg. Hulle het ook die veediefstaleenheid in Standerton in kennis gestel om hulp te verleen.

Die buurtwaglede het sowel die beeste as twee verdagtes opgemerk, waarna een van die twee verdagtes aangekeer is. Al die gesteelde beeste is teruggekry.

“Ons is bly ons kan die gemeenskap bystaan om misdaad saam met instansies soos die SAPD te bekamp,” sê Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se Standerton-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings