AfriForum se Standerton-tak help gekaapte voertuig opspoor


Die AfriForum-buurtwag in Standerton, die SAPD, die polisie se K9-eenheid, Vispol, Kasselman Sekuriteit en die plaaslike brandweer het op 23 Augustus gehelp om ’n gesteelde taxi terug te vind nadat die voertuig in Honeydew, Johannesburg gekaap is. Twee verdagtes is by die Elmtree-afdraai op die R23 gearresteer.
Die K9-eenheid is in kennis gestel dat die voertuig via die R23 na Standerton op pad was. Die SAPD het die motor tot stilstand gedwing, waarna twee mans die veld in gevlug en een agtergebly het. Die soektog na die twee voortvlugtiges het tot in die oggendure geduur. Die verdagtes is opgespoor, waarna ’n oor-en-weer-skietery tussen hulle en die polisie losgebreek het. Niemand het enige beserings opgedoen nie en die polisie kon daarin slaag om een van die twee verdagtes te arresteer.

“Die AfriForum-buurtwag se bereidwilligheid om misdaad te help bekamp wys dat die polisie en gemeenskapsinstellings goed kan saamwerk om daadwerklike resultate op te lewer. Ons bedank al ons buurtwaglede wat bereid is om ’n verskil te maak,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Soortgelyke plasings