AfriForum se Standerton-tak help met vullisverwydering tydens betoging


Die AfriForum-tak in Standerton het onlangs gehelp om vullis na afloop van ’n gemeenskapsbetoging te verwyder. Dié aksie is in samewerking met Go Garbage en Kasselman-veiligheidsdienste uitgevoer.
Die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit huur Afrirent se vullisverwyderingsvoertuie, maar die vullis kon nie verwyder word nie omdat gemeenskapslede ongelukkig was aangesien die tender om dié funksie te verrig aan ’n eksterne maatskappy toegestaan is. Ontstoke gemeenskapslede het daarom die voertuie verhoed om vullis te verwyder.

“Die vullis het begin ophoop en ons was genoodsaak om iets omtrent die situasie te doen. Ons het altesaam agt vragte rommel weggery,” sê Gehard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.
“’n Goed georganiseerde gemeenskap kan probleme soos dié vinnig hokslaan en dien as bewys dat burgerregte-organisasies soos AfriForum ’n belangrike rol het om te speel,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Raak vandag nog in jou gemeenskap betrokke. SMS “Hoop” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings