|

AfriForum se Standerton-tak help om straat te herstel

Die AfriForum-tak in Standerton het op 11 Oktober 2021 gehelp om ’n sloot in Schwickardstraat te herstel. Hierdie projek is in samewerking met Lekwa Cleanup Crew, Ons Radio Vriende en ander gemeenskapslede van Standerton van stapel gestuur nadat die pad oopgegrawe moes word omdat ’n pyp gebars het.

Die teer wat vir die herstelwerk gebruik is beloop R15 000 en die werk is deur Pro Phalt verrig.

“Hierdie projek is ’n goeie voorbeeld van hoe verskeie organisasies saam kan werk om ’n daadwerklike verskil in die dorp te maak,” sê Pieter Botha, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Die tak moedig inwoners aan om by die tak aan te sluit en deel te wees van die verskil. Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings