AfriForum se Standerton-tak loods skoonmaakprojek


Die AfriForum-tak in Standerton in samewerking met Go Garbage, ’n plaaslike kontrakteur, het verlede week ’n skoonmaakprojek op die hoek van Coligny- en Prinsesstraat geloods.
Dít volg nadat die plaaslike buurtwag hierdie gebied as ’n gevaarsone en wegkruipplek vir misdadigers geïdentifiseer het weens ’n digte rietbos en talle voetpaadjies tussen die riete.

“Inwoners se veiligheid is vir ons ’n prioriteit en deur soortgelyke projekte te loods, sal AfriForum verseker dat dit al hoe moeiliker vir misdadigers word om inwoners te beroof en daarmee weg te kom,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“AfriForum is hier om ’n verskil in die gemeenskap te maak, selfs al versuim die plaaslike munisipaliteit om sy pligte na te kom,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Ondersteun AfriForum se skoonmaakprojekte in Standerton: SMS “Skoonmaak” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings